012 947 0000 | support@datonet.co.za

Bepalings en Voorwaardes

Weergawe: 2019/07

SoftCap / FUP

  • Dit is 'n "Best-effort" diens en lynspoed word geaffekteer deur die hoeveelheid gebruik op die netwerk
  • Die lynspoed van die uncapped word bepaal per pakket. Hierdie spoed mag aangepas word afhangend impak op die netwerk
  • Enige aspek van hierdie diens mag verander sonder vooraf kennisgewing om stabiliteit op die netwerk te verseker.
  • Onderhewig aan die ondertekening van 'n Debiet Order as betalings-metode.

Na-Ure Unmetered

  • Tussen 00:00 tot 05:59
  • Dit is 'n "Best-effort" diens en lynspoed word geaffekteer deur die hoeveelheid gebruik op die netwerk
  • Die spoed van die uncapped lyn word maksimum beperk deur die lyn waarop jy is. Hierdie spoed mag aangepas word afhangend impak op die netwerk
  • Enige aspek van hierdie diens mag verander sonder vooraf kennisgewing om stabiliteit op die netwerk te verseker.
  • Onderhewig aan die ondertekening van 'n Debiet Order as betalings-metode.
  • Die pakket moet positiewe "Softcap" / "FUP" bevat vir die onbeperkte data om te werk teen volle lynspoed, anders sal dit steeds teen die "Softcap" / "FUP"-spoed loop. 'n FUP Booster / TopUp kan hierdie oorbrug indien nodig.
  • Data wat gebruik word in hierdie tydperk, sal glad nie van jou "FUP" / "Softcap" data gebruik nie.

Dubbel Data by aansluiting

  • Onderhewig aan die ondertekening van 'n Debiet Order as betalings-metode.
  • Slegs in die aansluitings maand op sekere pakkette

Sein Sterkte

  • Datonet behou die reg om konneksies met swak sein van die toring te diskonnekteer. (Swak sein van 'n enkele konneksie affekteer die diens-gehalte van ander konneksies ook.)
  • Minimum sein sterktes word bepaal deur Datonet.

Toerusting

  • Toerusting wat gekoop word by Datonet bly die eiendom van Datonet totdat dit ten volle betaal is.
  • Standaard fabriek waarborg geld vir alle toerusting.

Weerlig

  • Die tipe toerusting wat Datonet gebruik is soos enige huishoudelike elektroniese toestel. Dit sal die beste wees om die toerusting soos verskaf deur Datonet uit te prop wanneer daar swaar weer is.
  • Die kliënt is verantwoordelik om self die toerusting uit te prop wanneer daar swaar weer is.

Bandwydte

  • Die kliënt is verantwoordelik vir die gebruik van sy eie data
  • Die kliënt aanvaar die bandwydte gebruik soos gemeet deur Datonet dmv. wêreldklas sagteware
Ongebruikte Data rol oor
  • Ongebruikte data rol oor op sekere pakkette
  • Ongebruikte data ouer as 1 jaar verval.

Enige aspek van hierdie Bepalings en Voorwaardes mag verander sonder vooraf kennisgewing en die nuutste weergawe kan altyd gevind word op ons webtuiste by: http://www.datonet.co.za/af/wisp-dienste/internet/bepalings-en-voorwaardes

Copyright © 2019. All Rights Reserved.